Irak: Bid asseblief

Die situasie vir Christene in Irak het erg versleg. Sinjar, (Noordwes van Mosoel) is 'n stad van gemengde minderhede; 30 000+ hiervan is rondom en op die berge versprei. Telkeif, Batnai, Tel Esquuff, (Bishops Hill) Bartella, Qara-quash, Al Gure, Ba'ashiqa en Bahzani-stede word hoofsaaklik deur Christene bevolk. Die IS het hul kerke aangeval – IS-vlae op hulle gehys en hul god in hulle aangeroep. Pastoor Farouk, (Senior Minister/Bagdad) het gevra vir vas en gebede. John Robb, (Internasionale Gebedsraad) het gesê: 'Ek glo dit is 'n geestelike oorlogvoering meer as 'n grondgeveg. Tydens my persoonlike gebed en die voorbiddingsgroep se gebede het ek gevind dis die ou dae monster, die ou slang, gevul met haat en gif. Ek vertrou die Almagtige vir 'n Goddelike ingryping, ons het 'n dringende beweging van die Heilige Gees nodig om die skale en balans van die situasie op die grond te verander. Jou gebede en voorbidders sal 'n groot verskil maak'. Sien dringende hulpappèl by