Suid-Afrika: Desmond Tutu se onderskrywing van geassisteerde selfmoord

'n Suid-Afrikaanse, konserwatiewe Christelike politieke partyleier, ds. Theunis Botha, het aartsbiskop Desmond Tutu se uitsprake verlede week ten gunste van geassisteerde selfmoord veroordeel: 'Tot sy steun vir aborsie en selfdegeslag-huwelike voeg biskop Tutu nou genadedood (selfmoord) by oor die lys van dinge wat hy ondersteun wat totaal in stryd is met die Woord van God.' In 'n artikel wat verlede Saterdag gepubliseer is, het Tutu 'n voorbeeld genoem van wanneer geassisteerde selfmoord toelaatbaar moet wees en gesê die saak toon dat Suid-Afrika se wette verander moet word. Desmond Tutu se bekragtiging van genadedood is in die Britse media gerapporteer net dae voordat Brittanje se House of Lords 'n omstrede Assisted Dying Bill debatteer. Die voorgestelde nuwe Britse wet sal dokters in staat stel om dodelike dosisse dwelms voor te skryf aan terminaal siek pasiënte wat 'n duidelik uitgedrukte voorneme verklaar het om hul lewens te beëindig. (Sien ook die Britse Eilande-afdeling - item 1 en die Europa-afdeling - item 1)