Print this page

Mexiko: Kinders in gevaar – 'n humanitêre krisis

Onbegeleide kindermigrante spring op treine in Mexiko om die grens oor te steek – soveel as 90 000 het moontlik vanjaar alleen vanaf Sentraal-Amerika die VSA binnegekom. Hierdie week het Aljazeera berig dat 458 kinders, insluitend babas, gevind is wat in 'n rotte- en vlooibesmette toevlugsoord in Mexiko gewoon het toe polisie- en weermagtroepe 'n huis wat bekend staan as 'The Big Family' toegeslaan het. Prokureur-generaal Jesus Murillo het gesê: 'Daar was ongeveer 500 kinders in werklik haglike omstandighede.' Fox news het Woensdag berig dat tientalle Sentraal-Amerikaners wat $1,50 per kop betaal het, gesien is hoe hulle die Suchiate-rivier oorsteek op binnebande en houtplanke, ten aanskoue van die Mexikaanse polisie en immigrasie-agente. Sien: en