VN-resolusie oor die gesin demp gay pride-feeste

Die Verenigde Nasies het verlede Donderdag 'n demper op 'gay pride'-feeste geplaas toe dit weer bevestig het dat die natuurlike gesin die fundamentele eenheid van die samelewing is. Die Menseregteraad het verlede Donderdag 'n resolusie oor 'Beskerming van die gesin' met 'n tradisionele definisie van die gesin aangeneem, selfs toe feesvierders hulle gereed gemaak het om gay Pride-naweek te vier. Dit erken die belangrikheid van die gesin vir die samelewing en individue, en dat lande die gesin moet versterk en beskerm. Die resolusie eggo nie net taal uit die VN se Universele Verklaring van Menseregte oor die gesin as die 'natuurlike en fundamentele eenheid van die samelewing' nie, dit stel ook dat die gesin die 'natuurlike omgewing' is vir die opvoeding en ontwikkeling van kinders. Die resolusie is met 'n gemaklike marge aanvaar, met 26 stemme voor, 14 teen, en 6 onthoudings. Dit is deur dawerende applous begroet.