Israel: Hamas 'sal die prys betaal' nadat tieners dood gevind is

Israel het vergelding beloof teen Hamas, die militante Palestynse groep wat volgens hulle drie tieners in die besette Wesoewer ontvoer en vermoor het. Die liggame van Naftali Frenkel, Gilad Shaar en Eyal Yifrach is Maandagaand gevind, nadat hulle meer as twee weke lank vermis was. Benyamin Netanyahu, Israel se premier, het gesê: "Hamas is verantwoordelik en Hamas sal betaal." Hamas ontken enige betrokkenheid. Israel het oornag meer as 30 lugaanvalle op die Gasastrook geloods. Die aanvalle het gekom in reaksie op 18 vuurpylaanvalle op suidelike Israel vanaf Gasa sedert Sondagaand, het die Israeliese weermag gesê. Israeliese troepe het ook in die Palestynse dorp Halhul ingestroom. Die lyke is onder 'n hoop klippe naby die dorp gevind. 'n Israeliese amptenaar het gesê dit wil voorkom of die tieners kort ná hul ontvoering geskiet is. (Sien ook Gebedswaarskuwing 23-2014) Spanning neem verder toe nadat Israeliese polisie Woensdag die liggaam van 'n Palestynse tiener gevind het, blykbaar 'n wraakaanval.

  • Pray: that Israel and Hamas will seek ways of peace, not of war. (Ps.34:14)