Print this page

Indië: Christen-egpaar doodgekap

Die polisie in Oos-Indië het Saterdag 21 Junie ondersoek ingestel waarom 'n Tibetaanse egpaar doodgekap is nadat hulle tot die Christendom bekeer het. Die ondersoek het plaasgevind terwyl 'n begrafnis aan die gang was vir Dominic Bhutia (45) en sy 35-jarige vrou Christina wat in die Git Dabling-dorpie in Indië se Wes-Bengale staat doodgekap is. Een van die egpaar se twee dogters, Rinjee (12), is ernstig gewond, het Christians gesê. Gemaskerde aanvallers het ook die oë van die slagoffers voor Rinjee uitgesteek, het Indiese media berig. 'n Jonger dogter van sewe jaar oud is gespaar toe Rinjee haar onder 'n bed versteek het, het plaaslike Christene gesê. Die aanval, 28 kilometer (17 myl) buite die dorp Kalimpong in Darjeeling Hills, het kommer oor 'n gebrek aan sekuriteit vir minderheidschristene in Indië beklemtoon. Christene en kerke is in verskeie dele van Indië aangeval, dikwels deur Hindoe en ander radikale godsdiensgroepe wat die verspreiding van die Christendom teenstaan.

  • Pray: for God’s protection over His people. (Ps.5:11)