Print this page

Nigerië: Nog sestig skoolmeisies en vroue ontvoer, plus 31 seuns

Minstens 91 mense – waaronder 60 skoolmeisies en jong vroue, plus 31 skoolseuns – is verlede week deur Boko Haram-ekstremiste ontvoer, twee maande nadat dieselfde groep meer as 200 skoolmeisies in die noordooste van Nigerië ontvoer het, volgens die Los Angeles Times. Hulle is ook ontvoer uit dorpe in daardie deel van die land, 'n gebied waar sulke aanvalle feitlik daagliks plaasvind, terwyl Nigerië se weermag blykbaar nie in staat is om sekuriteit in die grootste deel van die land af te dwing nie. Baie het Nigerië se regering en weermag gekritiseer vir hul stadige reaksie op die ontvoering van meer as 200 skoolmeisies van hul skool in Chibok op 15 April: 'n paar dosyn van die meisies kon ontsnap. Sowat 30 mense is na berig word deur die ekstremiste in die jongste aanval vermoor. Bejaarde inwoners het uit hul huise gevlug en 15 myl gestap om hulp te kry.

  • Pray: that the authorities will find ways of stopping Boko Haram’s ongoing attacks and release for all those kidnapped. (Ps.86:14)