Egipte: Christenmeisies ontvoer

’n Nuwe verslag van die Vereniging van Slagoffers van Ontvoering en Geforseerde Verdwyning (AVAFD) lui dat meer as 550 Egiptiese Christenvroue en -meisies sedert 2011 ontvoer is. Die ontvoerde vroue word dan gedwing om Islam aan te neem en met hul ontvoerders te trou. Hulle het berig dat die vroue se ouderdomme van 14 tot 40 gewissel het. Baie word verkrag; baie word nie eers deur die polisie gesoek nie. Owerhede beweer eerder dat die vroue hul gesinne uit eie keuse verlaat het. AVAFD-stigter, Ebram Louis, het gesê ontvoerings het in Egipte toegeneem sedert Hosni Mubarak van bewind geval het. 'Voor die rewolusie het vyf of ses meisies elke maand verdwyn. Nou is die gemiddeld 15.' Dikwels voordat die meisies in huwelike gedwing word, word die tradisionele kruis wat die Koptiese minderheid op hul polse tatoeëer, met suur uitgevee, volgens Terrasanta, 'n Katolieke nuusdiens. Sommige beweer dat daar Islamitiese selle is wat uitsluitlik toegewy is aan die ontvoering van Koptiese Christenmeisies en jong vroue. Sien ook: http://blog.godreports.com/2014/06/over-550-christian-girls-kidnapped-in-egypt-since-2011/

  • Pray: police and government would take abduction cases seriously and eradicate the organised network behind the kidnappings. (Ps.40:2)