Gewapende mans het Sondagoggend om 9:30 'n kerk by die dorpie Attagara in Gwoza bestorm en losgebrand. Die kerk het lede gehad wat as 'n veiligheidsgroep buite die kerk gewerk het wanneer 'n diens aan die gang was. Nege van die mans in die kerkveiligheidsgroep is doodgeskiet. Die moord het gelei tot 'n vergelding deur die dorpenaars en die gemeenskap wat gemobiliseer is. Hulle het volgens 'n polisiebron daarin geslaag om vier van die aanvallers dood te maak. Nog drie insurgente is in hegtenis geneem. Om 06:30 dieselfde dag het 'n bom in Admawa ontplof en aanhangers geteiken wat 'n sokkerveld verlaat nadat hulle 'n plaaslike klubwedstryd gekyk het. Die bom het ook vroue en kinders binne die ontploffingsgebied geraak en 40 mense is dood. Nigerië se weermag het Maandag gesê hulle het 'n arrestasie gemaak in verband met die bomaanval. Sien ook http://www.360nobs.com/2014/06/football-match-bombing-military-makes-first-arrest/
STOP PERS: Na die Sondag-voorval, Dinsdag, het opstandelinge geklee in weermag-gevegsklere wat gewere dra en op weermagvragmotors gery het weer die dorpe Attagara, Agapalawa en Aganjara binnegegaan. Hulle het op dorpenaars losgebrand en huise en kerke tot op die grond afgebrand. African Spotlight het tientalle gedood berig, BBC Radio 4 het honderde gedood berig. Hierdie jongste voorval sit 'n patroon van byna daaglikse dodelike geweld voort. Meer by: http://africanspotlight.com/2014/06/04/boko-haram-opens-fire-villagers-burns-houses-churches-gwoza/