Print this page

Libanon: Pa vermoor 18-jarige dogter

Op Woensdag 4 Junie het 'n pa op sy 18-jarige dogter in Libanon se noordelike streek Akkar losgebrand en haar onmiddellik doodgemaak, het 'n bron na aan die familie gesê. Die pa, Mustafa Soufan, kom van die Akkar-dorpie Bibnine. Die moord op sy dogter, Walaa, het kort ná die middaguur plaasgevind. Die bron het gesê die beweerde misdaad hou moontlik verband met geskille tussen die meisie en haar verloofde wat later vandeesmaand sou trou. Die bron het gesê die meisie wou nie meer trou nie, wat haar pa se woede ontlok het. Die bron beskryf die pa as 'n senuweeagtige en korthartige man. Inwoners het die moord as 'n 'eermisdaad' geklassifiseer.

  • Pray: for the law that was passed in August 2011 to increase the punishment for ‘honour crimes’ to be implemented in Lebanon. (Ps.140:1)