Viëtnam: Owerhede in Hanoi stuit Paasfeesvieringe

Owerhede in Viëtnam het langverwagte openbare Paasfeesvieringe in Hanoi, wat vir Vrydag en Saterdag (15-16 April) beplan is, verhoed nadat hulle 'n mondelinge belofte aan organiseerders gegee het dat die geleenthede sou voortgaan. 'n Interkerklike reëlingskomitee het vroegtydig 'n versoek om toestemming ingedien en het uitgebreide voorbereidings getref vir die spesiale geleenthede met die bekende evangelis Luis Palau. Die organiseerders het gesê hulle is teleurgesteld, maar nie heeltemal verras deur die Kommunistiese regering se optrede nie. 'Die owerhede het duidelik aan die wêreld gewys wat ons gereeld ervaar – dat hul beloftes, hetsy mondelings of skriftelik, nie vertrou kan word nie,' het een kerkleier gesê wat anonimiteit versoek het. Gevra om te spekuleer oor die redes vir die regering se uiteindelike weiering, het 'n ander sleutelkerkleier gesê: 'Ek weet nie hoekom nie, maar dit wil amper voorkom asof die regering doelbewus sy eie reputasie skaad.'

Bid: vir die Kerk in Viëtnam dat dit ten spyte van die terugslae eer aan God sal bring deur sy optrede. (Ps.86:9)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/vietnam/article_110895.html