Print this page

Sirië: 11 Mei Dag van Gebed vir Sirië

In 'n buitengewone vertoning van eenheid van Christelike denominasies - Kerke in Sirië sal op Saterdag 11 Mei in gebed verenig en vra hul broers en susters regoor die wêreld om saam met hulle te bid en te vas. 'Soos Christene in Sirië steeds ly onder die verwoestende gevolge van die twee jaar oue burgeroorlog, insluitend moorde, ontvoerings, haweloosheid, gebrek aan kos en skuiling en sluiting van skole; hulle sien ook dat God se hand aan die werk is, aangesien alle denominasies in passievolle gebed aansluit.' het Geopende Deure se verteenwoordiger Steve Ridgway gesê. 'Christene in Sirië weet net Jesus kan verlossing en ware vrede bring. Ek doen 'n beroep op u om op 11 Mei tyd te neem om saam met Siriese gelowiges vir hul land te bid. Bid asseblief vir:- Die vrylating van twee Ortodokse biskoppe, ontvoer in April, en ander Christene wat vermis word; berading vir kinders wat deur geweld getraumatiseer is; terugkeer van vrede'.

Bid: dat God sal waak oor die derde van die bevolking wat óf vlugtelinge buite die land óf haweloos binne Sirië is. (Sag.9:8)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/syrias.churches.to.unite.in.prayer/32277.htm