Mexiko: Op soek na goddelike ingryping

In Mexiko se histories gewelddadige grensstreek begin geloofsleiers van beide kante van die VSA-Mexiko-grens hierdie maand 'n gesamentlike gebed- en vasinisiatief op soek na goddelike ingryping om dwelmkartelhandel en geweld wat die streek teister, op te los. Die Cinco de Mayo-inisiatief word gelei deur Mark Gonzalez, stigter van die Hispanic Prayer Network. Vanaf 15 April sal deelnemers vir 21 dae in Dallas, Texas en Mexikostad en by die grens vergader vir gebed. Die inisiatief kom in reaksie op 'n profetiese opdrag gegee deur Cindy Jacobs, president en medestigter van Generals International, 'n sendingorganisasie wat toegewy is aan opleiding in gebed en geestelike oorlogvoering.

Bid: dat verenigde gebed, vas en voorbidding 'n Heilige Gees-vuur sal laat groei en oor die streek versprei lank na die aanvanklike 21 dae van oorlogvoering. (Joh.17:23)

Meer: ttp://www.christiantoday.com/article/seeking.divine.intervention.in.mexicos.violent.border.region/27779.htm