Print this page

Libië: Christen aangehou en mishandel

Ons gebede is versoek na die arrestasie van Sherif, 'n Egiptiese Christelike sakeman, wat 'n boekwinkel in Benghazi, Oos-Libië, bestuur. Sy voorraad sluit Christelike boeke in wat bedoel is om te verkoop aan die talle uitgewekene Arabiessprekende Christene wat in Benghazi en die omliggende gebiede woon en werk. Hy is op 10 Februarie gearresteer en bly aangehou, maar nie voor 'n hof aangekla nie. Hy is herhaaldelik fisies mishandel. Ander Christene in Benghazi is ook gearresteer, insluitend verskeie Egiptenare en drie nie-Arabiese uitgewekenes wat as taalonderwysers of sakemanne werk. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle geproseliteer het, geen formele aanklagte is nog teen enige van hulle gemaak nie. Hierdie maand het verskeie gemeenskappe van Katolieke nonne die land verlaat ná dreigemente teen hul veiligheid. Een groep in Benghazi het verkies om te bly. Christene wat Sherif ondersteun versoek ons gebede dat 'Sherif elke dag die teenwoordigheid en vrede van Jesus sal ken en binnekort vrygelaat sal word'

Bid : dat Sherif se vrou en die ander wat aangehou is, die nabye teenwoordigheid en genesing van Jesus fisies en sielkundig sal weet. (Ro.16:20)

Meer: http://www.meconcern.org/index.php?option=com_content&view=article&id=589:libya-egyptian-christian-detained-a-mistreated&catid=7:prayer-requests&Itemid=12