Libanon: By 'n keerpunt

Christene moet aanhou bid vir Libanon, Sirië en die hele Midde-Ooste-streek, het Naji Daoud, Uitvoerende Direkteur van SAT-7 ('n Christelike radio-uitsaaistasie in Libanon) gesê. Hy het die beroep gedoen nadat 'n motorbom die hoof van die Libanese intelligensie-agentskap en verskeie ander in 'n grootliks Christelike woonbuurt van Beiroet doodgemaak het. Hy het gevra vir gebed in hierdie moeilike dae vir Libanon. Aangesien al-Hassan 'n bekende teenstander van die Assad-regime was, is daar 'n mate van bespiegeling dat die bombardement verband hou met die voortslepende geweld in Sirië, wat steeds na Libanon uitspoel. Sy dood het gewelddadige betogings in Beiroet veroorsaak en daar is oproepe dat die Libanese premier moet bedank. Naji Daoud het 'n beroep op Christene in die streek gedoen om 'getrou te lewe'. Hy het gesê: 'Die Libanese bevind hulle op 'n keerpunt. Ons moet aanhou bid vir Libanon, Sirië en die hele Midde-Ooste.'

Bid: vir die vrede van Libanon, dat dit nie die slagoffer van 'n gevolmagtigde oorlog tussen die verskillende politieke en godsdienstige teenstanders in die streek sal word nie - soos die Golf Arabiere, Iran, en die Soennitiese en Sjiïtiese wêrelde. (Ps.4:8)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/lebanon.at.a.turning.point/30881.htm