Italië: Ministerie van vlugtelinge

Europa neem toenemend vlugtelinge uit Islamitiese lande aan. Die volgende voorbeeld is van Italië, 'Ons uitreik is in Milaan. Italië het een van die laagste geboortesyfers in Europa en word toenemend afhanklik van immigrasie om die ekonomiese status quo te handhaaf. 40% van immigrante is Moslems wat na Rome en Milaan kom op soek na werk. Vanjaar het die regering van Milaan amptelike erkenning gegee aan 17 moskees (daar is meer onwettiges). Die meeste van die moskees word bestuur deur die Moslem Broederskap, 'n fundamentalistiese organisasie - so Moslems wat hier immigreer word in 'n fundamentalistiese Islam geïndoktrineer. Tog is Christelike uitreik na Moslems feitlik nie-bestaande nie. Ons werk sedert Februarie vanuit 'n plaaslike Pinksterkerk, getuig gedurende die dae, versprei lektuur in verskillende tale en hou gebedstye saam met die gelowiges. 10-15 Moslems per dag neem NT'e in hul eie taal.

Bid: vir evangelistiese Europese gelowiges om wysheid te hê terwyl hulle met Moslems bevriend raak, bid vir baie Bangali, Oerdoe, Farsi en Arabiese kerkplante.