Print this page

Indonesië: Troepe gestuur ná dodelike botsings in Ambon

Die Indonesiese regering het honderde veiligheidspersoneel na die oostelike stad Ambon gestuur ná sektariese botsings wat vyf mense dood en 80 beseer het. Die geweld is ontketen deur gerugte dat 'n Moslem-motorfiets-taxibestuurder - wat volgens die polisie in 'n verkeersongeluk gesterf het - deur Christene vermoor is. Dit het Sondag uitgebreek toe mededingende groepe by die man se begrafnis slaags geraak het. Huise, motors en motorfietse is tydens die geweld aan die brand gesteek. Ambon – die provinsiale hoofstad van die Molukke-eilande – is in die verlede deur sektariese geweld getref. Konflikte tussen Christene en Moslems tussen 1999 en 2002 het meer as 5 000 dood en 'n halfmiljoen mense ontheem gelaat.

Bid: vir vrede om te heers in Ambon en die Molukke-eilande en beëindiging van die geweld. (Ps.7:9)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-asia-pacific-14879139