Egipte: Christene ervaar 'n gebrek aan wet en orde

Egiptiese Christene het ons gebede versoek na aanleiding van 'n reeks soortgelyke voorvalle in verskeie provinsies regoor die land waarin Christene gedreig of aangeval is. Egiptiese Christene wil graag beklemtoon dat daar 'n reeks motiverings agter hierdie voorvalle is, en die primêre oproep is vir gebed dat effektiewe oppergesag van die reg gevestig sal word en billik toegepas sal word op alle burgers en instellings regoor die land. Op 5 November het 'n groep Salafiste grond in die Shubra-distrik van Kaïro in kerkbesit beset. Vroeg in November is die Hoofbestuurder van die Koptiese Landboubank ontvoer, 'n losprys is geëis, maar doeltreffende polisie-optrede het gelei tot sy vrylating op 4 November sonder enige betaling. Aan die einde van Oktober is 'n Christelike konsert gestaak. Hierdie voorvalle vind dikwels plaas as gevolg van onvoldoende voorsiening van staatsveiligheid. Sedert Januarie 2011 het Christelike gemeenskappe toenemend kwesbaar geword. Owerhede blyk nie in staat of huiwerig te wees om Christene teen ekstremistiese aanvallers te beskerm nie.

Bid: die regering sal die oppergesag van die reg handhaaf. Bid ook vir die nuwe grondwet wat tans opgestel word. (Ps.7:9)

Meer: http://www.meconcern.org/index.php?option=com_content&view=article&id=563:egypt-lack-of-law-and-order-affecting-christians&catid=7:prayer-requests&Itemid=12