Print this page

Afghanistan: Opdatering

'n Gelowige skryf: 'Demonstrasies en bomme wat deur die verbranding van Heilige Boeke ontketen word, duur voort. Bid asseblief dat nie meer mense dood of beseer sal word nie. Bid vir die families van diegene wat vermoor is. Bid vir die herstel van diegene wat beseer is. Bid vir begrip aan beide kante sodat hierdie soort voorval nie weer sal gebeur nie. Baie buitelanders woon, werk en bedien die mense van die land deur kos en klere uit te deel, klasse te gee, mediese werkers en leiers op te lei, putte te boor, mediese sorg te verskaf en nog baie meer om die lewens van die mense te verbeter. Hulle leef en werk in moeilike en soms gevaarlike omstandighede en moet teen hebsug en korrupsie veg om die mense wat werklik behoeftig is, te help. Hulle lewens is moeilik, hulle gaan voort omdat dit is waarvoor God hulle geroep het. Bid dat Christenwerkers en hul gesinne in gevaarlike situasies beskerm sal word.

Bid: dat hulle die ondersteuning en finansies sal ontvang wat hulle nodig het om voort te gaan, en dat hulle lewens 'n demonstrasie van God se liefde vir die mense wat hulle dien, sal wees. (Deut.31:6)