Print this page

Afghanistan: Oorgang

'n Christen in Afghanistan skryf: 'Terwyl die koalisiemagte voorberei om teen die einde van volgende jaar te onttrek, word die plaaslike weermag en polisie opgelei om volle verantwoordelikheid vir die veiligheid van hul land te neem. Daar is baie uitdagings wat oorkom moet word, insluitend 'n gebrek aan basiese onderwys vir baie van die plaaslike soldate en polisie en 'n kultuur van korrupsie. Baie in gesagsposisies het ook nie die leierskapsvaardighede wat nodig is om 'n effektiewe krag te smee nie. Die koalisiesoldate werk nou saam met hul plaaslike eweknieë om tegniese kennis en taktiese en strategiese beplanningsvaardighede aan te wakker. In hierdie proses spandeer koalisie en plaaslike soldate baie ure saam. Bid dat die Christene in die koalisie 'n sterk getuie vir Christus sal wees. ’n Gebrek aan sekuriteit en ongebreidelde korrupsie het veroorsaak dat baie mense die regering wantrou en sodoende sy gesag verswak het. Baie bevraagteken of die sentrale regering bereid is om volle verantwoordelikheid en leierskap van die land te neem.'

Bid: dat God regverdige mense in gesagsposisies in die regering sal plaas en dat die mense van die land sal leer om diegene wat hulle beskerm te vertrou en te ondersteun. (Jes.1:26)