Print this page

Mali: Switserse non deur Britse militant ontvoer?

'n Video wat deur Al-Kaïda vrygestel is, vertoon 'n militant met 'n Britse aksent wat verantwoordelikheid eis vir die ontvoering van die Switserse non Beatrice Stockly in Mali. Sy is op 7 Januarie geneem toe gewapende militante haar huis in Timboektoe omsingel het. Beatrice word daarvan beskuldig dat sy 'oorlog teen Islam verklaar'. 'n Man met 'n Britse aksent het gesê: 'Ons, al-Qaeda in die Islamitiese Maghreb, verklaar ons verantwoordelikheid vir die ontvoering van hierdie kerstenende kaffer Beatrice Stockly, wat deur haar werk baie uit die kraal van Islam verdryf het deur hulle te verlei met krummels van hierdie wêreldse lewe.' Die suster is voorheen in 2012 ontvoer, maar het haar voorwaardes vir vrylating verbreek deur te weier om op te hou om die evangelie te verkondig. Beatrice verskyn in die video met 'n hijab en langs 'n vlag. Die groep het ook verantwoordelikheid aanvaar vir die terreuraanvalle twee weke gelede op 'n hotel en restaurant in Burkina Faso toe dertig mense dood is.