Print this page

Jihadi-bruid was eens 'n Christen

Die Britse jihadi-bruid wie se vierjarige seun onlangs in 'n IS-teregstellingsvideo verskyn het, was eens 'n toegewyde Christen wat daarvan gehou het om kerk toe te gaan, het haar pa gesê. Die 25-jarige Grace, wat nou onder die naam Khadijah gaan, was godsdienstig. Sy het die hele tyd haar Bybel gelees en gebid. Haar pa het gesê: 'Ons het haar Grace genoem na Amazing Grace, die lofsang. Sy het elke week sonder versuim kerk toe gegaan, dikwels drie keer.' Khadijah het in 2010 tot Islam bekeer en is glo aanlyn geradikaliseer. Sy het in 2012 na Sirië gevlug saam met haar seun, Isa, wat in 'n tien minute lange IS-propagandavideo verskyn het wat verlede week vrygestel is met die titel ''n Boodskap aan David Cameron'. Dit het gewys hoe vyf gyselaars vermoor word.