Christene in vermaak oor Kersfees en 2016

'Christians in Entertainment' moedig 'n Christelike teenwoordigheid in die vermaaklikheidstoneel in Brittanje aan deur 'n netwerk van emosionele en geestelike ondersteuning aan professionele persone te verskaf. Hulle skakel met Christene en diegene met min of geen geloof nie. Hulle help die kerk om die vermaaklikheidsbesigheid te verstaan, te ondersteun en daarvoor te bid. Hulle werk ook saam met ander kunsgroepe. Bid dat die goeie nuus van Jesus se geboorte gehoor en verstaan sal word as kersliedere in winkels en op die lug uitgesaai word. Bid vir die pret en lag van pantomime; en vir diegene wat vervaardig en deelneem. Bid vir almal wat agter die skerms in die besigheid werk. Bid ook vir almal in die kuns- en vermaaklikheidsbesigheid wat 2016 tegemoet gaan met onsekerheid oor hul volgende werk, dat hulle wysheid mag hê oor die pad vorentoe en deure sal oopsien. Mag hulle bemoedig bly.

  • Pray: for wholesome entertainment this season and throughout the coming year. (Pr.13:15a)