Print this page

'n Oproep om vir die Verenigde Koninkryk te bid

Die World Prayer Centre het 'n dringende oproep gedoen vir God se mense om in gebed vir die VK te staan. Die nasie het 'n nuwe fase van konflik met IS betree, en is veral kwesbaar vir terreuraanvalle en vrees rondom Kersfees en Nuwejaar wanneer mense in groot getalle bymekaarkom. WPC glo ons is in 'n wyer tyd van skudding vir ons nasies. 'God daag Sy Kerk uit. Dit is tyd vir al God se mense om te bid, waaksaam te wees, om ons gemeenskappe en nasie te beskerm, te bewaar en te seën.' WPC het 'n nuttige gids voorberei vir gebruik in gebedsgroepe, kerke en persoonlik, en vra vir God se genade vir ons gemeenskappe en vir die VK om na Jesus te draai - die Prins van vrede. Baie mense het tussen 12 en 14 Desember bymekaargekom om te bid, en ons word aangemoedig om voort te gaan om in te tree oor Kersfees en daarna. Om die gebedsgids af te laai, klik die 'meer'-knoppie.