Print this page

Gay-huwelike: Belfast Stadsraad sê 'ja'

Verlede week het Prayer Alert berig: 'Die 'Ja'-uitslag in die referendum vir selfdegeslag-huwelike in die Republiek van Ierland het gelei tot oproepe vir die bekendstelling daarvan in Noord-Ierland.' Belfast se stadsraad het Maandag vandeesweek ten gunste van selfdegeslaghuwelike gestem; 38 raadslede het vir gestem, 13 het daarteen gestem en daar was twee onthoudings. Raadslede van Sinn Féin, die SDLP, Groen Party, PUP, People Before Profit en Alliance het die mosie ondersteun. Almal behalwe drie Ulster Unioniste het ook vir die mosie gestem. In April het die Noord-Ierland Vergadering 'n voorstel verwerp waarin gevra word vir die instelling van gay-huwelike, nadat hulle die kwessie vir 'n vierde keer gedebatteer het.