Print this page

Aartsbiskop Sentamu: Brittanje het herlewing en vernuwing nodig

Christelike waardes kan steeds die wêreld omkeer en mense se lewens van binne verander, volgens die aartsbiskop van York, dr John Sentamu. 'Jong mense weet in hul gebeente dat daar iets beters moet wees, iets meer werd as die selfgesentreerdheid wat aangetrek word deur die belofte van eindelose plesier, maar wat op een of ander manier nooit blykbaar lewer nie,' sê hy in die Yorkshire Post. Dit gaan nie bloot oor getalle nie: Dit is vernuwing en herlewing, beide op 'n persoonlike en 'n korporatiewe vlak, wat vandag nodig is, het hy bygevoeg en gewaarsku teen die versoeking om in 'kompromie en apatie' te gly. Christene moet vandag 'n gereelde 'geestelike oefensessie' doen, met 'eerlike selfondersoek' wat uitgevoer word in die soeklig van Christus se alsiende, immer genadige liefde. 'In die oë van die meeste jongmense is die status quo beproef en gebrekkig gevind. Iets baie meer werd en opwindend is nodig.'