Vierde poging om die huwelik by Stormont te herdefinieer

Die Noord-Ierland Vergadering sal aan die einde van die maand stem oor die herdefiniëring van huwelike, ten spyte van soortgelyke voorstelle wat reeds drie keer in die afgelope drie jaar verwerp is. Vier LP's het 'n mosie ingedien waarin gevra word dat huwelike vir paartjies van dieselfde geslag ingebring word. Die Christelike Instituut het gewaarsku dat die mosie ook poog om die vrye spraak van Christene te beperk wat beswaar maak teen die herdefiniëring van die huwelik. 'n Woordvoerder het gesê, 'die mosie verlede jaar het beweer dat dit 'vryheid van godsdiens' ondersteun, maar dit is nou geskrap. Dit lyk of hulle slegs vrye spraak binne kerkdienste wil toelaat. Maar 'n Christen se geloof moet op elke terrein van die lewe geld. Ons kan nie Christus se leer van ons daaglikse aktiwiteite afsonder nie.' Die mosie sal op 27 April gedebatteer word. MLA's het drie soortgelyke pogings verslaan om gay-huwelike in te stel, in 2012, 2013 en weer verlede jaar. In April 2014 het MLA's 51 tot 43 gestem teen die herdefiniëring van die huwelik. Sien ook die verklaring van ' The Mill Gathering'in verlede week se Prayer Alert.