'n Opname onder geestelikes het bevind dat eensaamheid 'n beduidende probleem is in beide ryk en behoeftige gebiede van Engeland. Eensaamheid en isolasie is Engeland se mees wydverspreide sosiale probleme en is algemeen selfs in gegoede middelklasgebiede, volgens die opname. Die aantal geestelikes wat rapporteer dat sosiale isolasie 'n groot probleem in hul gebied is, het die afgelope drie jaar met tien persent gestyg. Die opname wat deur die Church Urban Fund en die Church of England gepubliseer is, het getoon dat eensaamheid die enigste kwessie was wat deur geestelikes aangehaal word as 'n beduidende probleem in die meerderheid ryker, sowel as behoeftige gebiede. Sosiale isolasie is gelys as 'n meer algemene probleem as werkloosheid, haweloosheid en swak behuising deur die 1 812 geestelikes wat die vraelys voltooi het. In Londen het byna driekwart van die predikante gesê dat sosiale isolasie 'n groot of beduidende probleem in hul gemeenskap is. (Sien ook Gebedswaarskuwing 04-2017)