Print this page

Kerkweergawe van John Lewis-advertensie sê Jesus is 'regte liefde'

'n Alternatiewe weergawe van die gewilde 'Monty die pikkewyn'-advertensie deur John Lewis het viraal gegaan. St Thomas se kerk in Norwich het hul eie weergawe van die Monty-verhaal verfilm, wat behels dat 'n pikkewyn na 'regte liefde' soek. In die kerkproduksie droom 'n klein seuntjie van ware vriendskap met sy speelgoedtier maar sy verlange word eers in die skadu van die kruis bevredig. Die video het reeds meer as 20 000 kyke op YouTube gekry en op die ITV-nuuswebwerf verskyn. Beej Harris, wat die kerk se video vervaardig het, het gesê die inspirasie daarvan kom uit die misplaaste Kersboodskap in die John Lewis-advertensie. Hy het gesê: 'Daar was baie bevrediging in geskenke en speelgoed, maar ons wou dit eintlik terugneem en sê dat Kersfees oor soveel meer as dit gaan, die werklike betekenis gaan oor Christus'. Kyk na die video: https://www.youtube.com/watch?v=fK9GsOGVXBI#t=35