Print this page

Londense kerke open MIV-toetssentrums

MIV-toetsklinieke is in kerke regoor Londen geopen in die hoop om hoë infeksiekoerse sowel as sosiale stigma onder die Afrika-bevolking te bekamp. Vier Afrika-kerke in Southwark, New Cross, Dagenham en Wood Green is betrokke by die projek, wat saamval met die Nasionale MIV-toetsweek van 22 tot 30 November. Agter die veldtog is ds Fred Annin, die stigter en uitvoerende hoof van Actionplus Foundation, wat werk om diegene met die virus te ondersteun. Hy wil hê die kerk moet die beweging lei. Actionplus was die eerste organisasie wat 'n MIV-toetskliniek in 'n kerk in Londen opgerig het en het verlede jaar sy Take Action Now-veldtog van stapel gestuur. 'Die Bybel veroordeel nie mense met MIV as vervloektes nie. Dit behoort nie taboe te wees om dit in kerke te bespreek nie. Dis 'n mediese toestand en mense het mediese hulp nodig.' Annin gesê.