Print this page

Bioskooppastore om gebede te lei na Ragamuffin-film

’n Christelike rolprentverspreider wil meer as 100 pastore werf om gebede by multiskerm-teaters in die VK te hou. Kingdom Cinema word bestuur deur ds George Hargreaves, 'n voormalige musiekvervaardiger en leier van die Christian Party. Hy het verlede jaar Christelike rolprente begin versprei, met een, God's Not Dead, wat in April die top-20 bereik het. Nou wil hy hê pastore moet praat en bid ná vertonings in Desember van Ragamuffin, ’n rolprent oor ’n Christelike musikant. Hy het met kettings soos Cineworld en Odeon onderhandel vir die pastore om gehore toe te spreek ná die fliek wat die storie vertel van Rich Mullins, wat met verslawing en depressie gesukkel het. Eerw Hargreaves het gesê: 'Dit is nie om mense oor die kop te slaan met 'n Bybel of om mense skaam te maak nie. Dit sal 'n paar minute aan die einde van die vertoning wees net om die temas af te sluit en die gehoor meer oor ons geloof te laat weet.'