Die sterftes van genadedood in Nederland het die afgelope sewe jaar met 151 persent gestyg, wat vrese laat ontstaan oor 'bestendige verlenging' as Brittanje geassisteerde selfmoord wettig. Volgens Nederlandse mediaberigte het die aantal genadedoodsterftes verlede jaar met 15 persent toegeneem tot 4 829, vergeleke met 4 188 in 2012. Verlede jaar is 3 600 mense in Nederland doodgemaak omdat hulle kanker gehad het, en daar was 42 verslae van genadedood a.g.v. ernstige psigiatriese probleme, vergeleke met 14 in 2012 en 13 in 2011. In 97 genadedoodgevalle was demensie die rede wat gegee is. Hierdie pasiënte was hoofsaaklik in die vroeë stadium van die toestand, toe hulle hul wens om te sterf behoorlik kon kommunikeer. Dr Peter Saunders, veldtogdirekteur van Care Not Killing, het statistieke van Switserland en België uitgelig, wat soortgelyke skerp toenames toon in gevalle van geassisteerde selfmoord sedert die praktyk gewettig is. (Sien ook Gebedswaarskuwing 33-2014)