Brittanje is vinnig besig om 'n teelaarde vir Islamitiese radikalisme te word namate Brits-gebore Moslems na die Midde-Ooste stroom om by die groeiende jihad aan te sluit. 'n Gemiddeld van sewe Britte per week reis na Sirië en Irak langs 'n wye stuk op die Turkse grens wat bekend geword het as die 'Poort na Jihad'. In totaal het 2 000 Britse Moslems hierdie roete gereis om in die jihad te veg, het Khalid Mahmood, LP vir Perry Barr, gewaarsku. Kommer neem toe dat wanneer hierdie Britse burgers huis toe terugkeer, hulle terreur op die strate van die VK kan ontketen. Sodra hulle in die Midde-Ooste was, het hierdie Britse burgers by die brutale terreurgroep IS (ook bekend as ISIS en ISIL) aangesluit, 'n opvolggroep van Al-Kaïda met sterk wortels in die Moslem-broederskap. Al-Kaïda het hom onlangs van IS gedistansieer weens sy ondenkbare brutaliteit, wat volgens die BBC gruweldade soos 'geteikende moorde, gedwonge bekerings, slawerny, seksuele misbruik en die beleëring van hele gemeenskappe' insluit.