Dit is 'n oproep vir Christene om te bid terwyl Moslems op die Hajj gaan. 2 - 4 Oktober 2014! Die Hajj, een van die vyf pilare van die Islamitiese godsdiens, begin op die 8ste dag van die 12de maand van Dhul Hijjah van die Islamitiese kalender. Omdat die kalender op die maan se siklus gebaseer is, begin die Hajj elke opeenvolgende jaar nege dae vroeër. In 2014 sal die Hajj op 2 Oktober begin en vir 3-4 dae duur. Gedurende hierdie tyd sal Moslems van regoor die wêreld na Mekka stroom om die rituele uit te voer en die voetstappe van Mohammed, hul profeet, te volg. Enigeen wat nie 'n Moslem is nie, kan nie Mekka binnegaan nie, en kan dus nie die Hajj uitvoer nie. Moslems gaan op die Hajj om van sonde gereinig te word; Jy kan 'n kort video oor die Hajj op YouTube kyk by :