Print this page

Britse seuns 'na Sirië gelok om te veg'

Die pa van 'n Britse tiener wat na Sirië gereis het om by jihadiste aan te sluit, glo sy seun is deur 'n imam by 'n Britse moskee geradikaliseer. Rahim Kalantar het aan die BBC gesê sy seun Ali (18) het in Maart saam met twee vriende van Coventry na Sirië gereis en hy het geglo dat hy nou met ISIS veg. Hy het gesê hy glo Ali - wat van plan was om rekenaarwetenskap aan die universiteit te studeer - is tydens klasse by 'n moskee ná aandgebed geradikaliseer. "Hy [die imam] het hulle aangemoedig en hulle op hierdie pad gestuur," het hy gesê. Die iman het hierdie bewerings ontken. Daar word vermoed dat tot 500 Britte na die Midde-Ooste gereis het om te veg in die oorlog, sê amptenare.

  • Pray: against the radicalisation of young Muslims and that they will receive a revelation of God’s truth. (Jn.8:32)