Meerderheid wil gay-huwelike referendum hê

Die meeste mense ondersteun die idee om 'n referendum te hou om te besluit of die huwelik herdefinieer moet word, het 'n nuwe peiling getoon. In 'n onlangse opname in opdrag van die Coalition for Marriage, het 54 persent saamgestem dat die herdefiniëring van die huwelik tot 'n openbare stemming gebring moet word. Van diegene wat ondervra is, het slegs 26 persent nie saamgestem met die idee van 'n referendum van die mense nie. Die Coalition for Marriage, wat hom beywer teen die regering om die huwelik te herdefinieer, sê die resultate is nie verbasend nie. Veldtogdirekteur Colin Hart het gesê: 'Hierdie peiling volg op 'n reeks slegte nuusstories vir die PM se diep ondemokratiese planne.' Hy het bygevoeg, 'gewone mans en vroue kon nog nooit 'n stemming oor die kwessie uitbring nie, aangesien nie die Konserwatiewes, Lib Dems of Arbeid hierdie voorstel in hul manifes ingesluit het nie en hulle is keelvol daarvoor om te vertel dat dit gaan gebeur ongeag wat die meerderheid mense in hierdie land glo.'

Bid: vir die politieke leiers dat hulle na die meerderheid van die mense sal luister en sal voorsiening maak vir 'n referendum oor die herdefiniëring van die huwelik .

Meer: http://www.christian.org.uk/news/majority-want-gay-marriage-referendum-poll-shows/