'n Liefdadigheidsorganisasie wat voedselbanke regoor die VK bestuur, sê Christene moet meer verantwoordelik wees wanneer dit kom by die aankoop van voedsel om vermorsing te keer. Die Trussell Trust se kommentaar het gekom nadat 'n verslag aan die lig gebring het dat 'n gemiddelde gesin byna £500 per jaar mors op kos wat in die asblik beland - al is dit heeltemal goed om te eet. Die navorsing deur die Instituut van Meganiese Ingenieurs, 'Global Food: Waste Not, Want Not', sê regoor die wêreld gooi mense die helfte van die kos wat geproduseer word weg. Adrian Curtis, Foodbank Network Direkteur vir die Trussell Trust het gesê dit is 'n kwessie wat ons almal noukeurig moet oorweeg. Om kos te mors beteken nie net dat jy die produk verloor nie, maar jy mors ook kosbare hulpbronne, insluitend grond, water en energie. Tien persent van ryk lande se kweekhuisgasvrystellings kom van die verbouing van voedsel wat nooit geëet word nie. Die verslag waarsku ook dat hierdie kwessies aangepak moet word namate die bevolking groei.
Bid: vir 'n omvattende globale antwoord op die probleem van voervermorsing. (Spr.23:20-21)
Meer: http://www.premier.org.uk/news/current/Christian%20duty%20to%20cut%20food%20waste%20says%20charity.aspx